My vriende, ek is baie lief vir julle en ek verlang na julle. Julle maak my bly en ek is baie trots op julle. Ek wil hê julle moet aanhou glo in die Here. Euodia en Sintige, ek vra vir julle om saam te werk, want julle altwee behoort aan die Here. En jy wat altyd saam met my werk, ek vra ook vir jou om hierdie twee vroue te help. Hulle het altwee hard saam met my gewerk om vir ander mense die goeie boodskap te bring, soos Klemens en my ander helpers ook gedoen het. Hulle name is almal geskryf in die boek van die lewe. Julle behoort aan die Here. Daarom moet julle altyd bly wees! Ek sê dit weer, julle moet bly wees! Julle moet vriendelik en geduldig wees met al die mense, want die Here sal gou weer kom! Julle moenie bekommerd wees nie. Julle moet ernstig bid tot God, julle moet vir Hom sê wat julle nodig het en julle moet vir Hom dankie sê daarvoor. Julle behoort aan Christus Jesus. Daarom sal God vir julle vrede gee, vrede wat baie beter is as enige iets waaraan mense kan dink, vrede wat die dinge beskerm wat julle dink. Vriende, ek wil vir julle nog iets sê. Julle moet altyd dink aan die dinge wat waar is, wat mooi is, wat reg is, wat rein is, wat pragtig en goed is. Ja, julle moet dink aan alles wat mooi is, alles waarop 'n mens trots kan wees. Julle het geleer en gehoor en gesien hoe ek lewe. Julle moet dieselfde doen, dan sal God wat vrede gee, by julle wees. Die Here het my baie bly laat word toe julle nou weer begin wys het dat julle aan my dink. Ek weet julle het voorheen ook aan my gedink, maar julle kon dit nie wys nie. Ek sê dit nie omdat ek te min het nie. Ek het geleer om tevrede te wees met dit wat ek het. In my lewe het baie dinge met my gebeur. Partymaal het ek te min gehad en partymaal het ek baie gehad, en so het ek geleer om tevrede te wees. Partymaal het ek genoeg gehad om te eet en partymaal was ek honger. Ja, partymaal het ek baie gehad en partymaal het ek te min gehad. Christus gee vir my die krag om enige iets te doen
Lees Filippense 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: Filippense 4:1-13
5 Days
For some, Christmas time can be full of grief, tragedy, hurt, and division. Yet Christmas celebrates that God became a human and stepped right into the middle of our hurting, angry, chaotic world to bring us peace—peace among people and, even more importantly, peace with God. Join us this Advent season in looking at the peace brought by Christ.
28 dae
BibleProject het Advent Oordenkings ontwerp om individue, klein groepe en gesinne te inspireer om die advent, of die aankoms, van Jesus te vier. Hierdie vier-week plan sluit geanimeerde video's, kort opsommings en reflektiewe vrae in wat deelnemers help om die Bybelse betekenis van hoop, vrede, vreugde en liefde te verken. Kies hierdie plan om te ontdek hoe hierdie vier deugde deur Jesus die wêreld bereik het.
31 Days
The Bible tells us that "in His presence is fullness of joy" and that "the joy of the Lord is our strength". Joy isn't simply another emotion; it is a fruit of the Spirit and one of the best weapons in your arsenal to fight against discouragement, depression, and defeat. Learn what the Bible has to say about joy, and strengthening yourself to become a defiantly joyful Christian.
27 Dae
Vreugde is die tema van die boek Filippense. Dit is ongelooflik, want hierdie brief is deur Paulus geskryf terwyl hy in die tronk was. Hoe is dit moontlik om vreugdevol te wees te midde van oorweldigende hartseer en lyding? Paulus leer ons dat Jesus die Outeur en enigste bron van ware vreugde is.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's