Filippense 1:15-17

Filippense 1:15-17 ABA

Party van die mense hier preek oor Christus omdat hulle jaloers is en daarvan hou om te stry. Maar ander mense preek oor Christus omdat hulle goed wil doen. Hulle preek omdat hulle lief is vir Christus en hulle weet ek is 'n gevangene omdat ek vertel dat die goeie boodskap oor Christus reg is. Maar die ander mense preek omdat hulle selfsugtig is. Ja, hulle is vals. Hulle wil hê dat ek nou nog swaarder moet kry terwyl ek 'n gevangene is.