Obadja 1:2-9
Obadja 1:2-9 ABA
Die Here het vir die Edomiete gesê: “Ek sal julle 'n klein volkie maak, almal sal dink julle beteken niks. Julle het gedink julle is veilig, maar julle het 'n fout gemaak. Julle woon hoog in die berge tussen die rotse en julle dink niemand kan julle afbring ondertoe nie. Maar Ek sal julle afbring, ook wanneer julle soos 'n aasvoël teen die hoogste berge gaan woon, of wanneer julle vir julle 'n stad tussen die sterre bou. Wanneer diewe in die nag julle goed kom steel, dan steel hulle totdat hulle genoeg het en dan hou hulle op. Wanneer ander mense julle druiwe kom pluk, dan laat hulle party druiwetrosse oorbly. Maar die vyande sal niks van julle laat oorbly nie. Nageslag van Esau, die vyande sal alles soek wat julle weggesteek het, en hulle sal dit kry. Hulle sal julle wegjaag uit julle land. Julle eie vriende het 'n ooreenkoms gemaak met julle, maar hulle sal vir julle wag langs die pad en hulle sal julle aanval. Julle het vir hulle kos gegee, maar hulle sal julle aanval op 'n plek waar julle dit nie verwag nie.” Die Here het ook gesê: “Die mense in die land Edom, in die Esau-berge, dink hulle is baie slim, maar daardie dag sal Ek hulle doodmaak. Mense van die stad Teman, julle soldate sal te bang wees om te veg. Die vyande sal almal op die Esau-berge doodmaak. Julle het mense vermoor


