Numeri 7:12-83

Numeri 7:12-83 ABA

Elke leier het sy presente op een van die twaalf dae gebring. Die leiers was: Nagson seun van Amminadab van die stam Juda, Netanel seun van Suar, leier van die stam Issaskar, Eliab seun van Gelon, leier van die stam Sebulon, Elisur seun van Sedeür, leier van die stam Ruben, Selumiël seun van Suri-Saddai, leier van die stam Simeon, Eljasaf seun van Reüel, leier van die stam Gad, Elisama seun van Ammihud, leier van die stam Efraim, Gamliël seun van Pedasur, leier van die stam Manasse, Abidan seun van Gidoni, leier van die stam Benjamin, Agiëser seun van Ammi-Saddai, leier van die stam Dan, Pagiël seun van Okran, leier van die stam Aser, en Agira seun van Enan, leier van die stam Naftali. Die presente wat elke leier gebring het, was: 'n silwer skottel wat 130 sikkels geweeg het, 'n silwer bak wat 70 sikkels geweeg het, dit was tempel-sikkels, die skottel en die bak was altwee vol van die beste meel, hulle het dit met olyf-olie gemeng, dit was 'n koring-offer, 'n goue bakkie wat tien sikkels geweeg het en vol wierook was, 'n bul, 'n skaap-ram en 'n lam wat een jaar oud was, dit was die brand-offer, 'n bok-ram, dit was die sonde-offer, en twee beeste, vyf skaap-ramme, vyf bok-ramme en vyf lammers wat een jaar oud was, dit was die ete-offer. Dit was die presente van elke leier.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid