Numeri 12:6-8

Numeri 12:6-8 ABA

Die Here sê toe: “Luister goed na wat Ek sê. Wanneer Ek, die Here, vir julle 'n profeet stuur, dan sal Ek vir hom wys wie Ek is, Ek sal met hom praat terwyl hy droom. Maar my dienaar Moses is nie so 'n profeet nie, hy is die persoon wat Ek gekies en aangestel het oor almal wat aan My behoort. Ek kom na hom toe en Ek praat met hom, Ek sê vir hom reguit wat Ek wil sê. Hy kan My sien wanneer Ek na hom toe kom. Hoekom praat julle so teen my dienaar Moses? Julle mag nie so met hom praat nie.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid