Markus 3:1-5

Markus 3:1-5 ABA

Jesus het weer in die sinagoge ingegaan. Daar was 'n man met 'n gebreklike hand. Die mense het Jesus dopgehou om te sien of Hy die man op die Sabbatdag gesond sal maak. Hulle wou Hom beskuldig dat Hy verkeerd gedoen het. Hy sê toe vir die man met die gebreklike hand: “Kom staan hier tussen die mense sodat almal jou kan sien.” Jesus het vir die mense gevra: “Mag 'n mens op die Sabbatdag goed doen of verkeerd doen? Mag 'n mens iemand se lewe red, of mag 'n mens hom doodmaak?” Maar die mense het stilgebly. Jesus het na die mense rondom Hom gekyk. Hy was kwaad en ook hartseer omdat hulle hardkoppig was. Hy sê toe vir die man: “Steek jou hand uit!” Die man het sy hand uitgesteek, en toe was sy hand gesond.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid