Julle sê ek moenie praat nie, ek moenie so praat nie, dit sal ons nie help nie. Israeliete, julle sê: “Is die Here nou nie meer geduldig met ons nie? Is dit Hy wat hierdie dinge doen? Die Here belowe goeie dinge vir mense as hulle reg lewe!” Maar die Here sê: “My volk, julle het lank gelede my vyande geword. Julle vat die klere van mense wat in julle land kom en wat dink hulle is veilig by julle. Julle vat ook die klere van julle soldate wat terugkom van die oorlog. Julle jaag die vroue van my mense uit hulle mooi huise. Julle vat ook die mooi goed wat Ek vir hulle kinders gegee het om altyd aan hulle te behoort. Julle moet opstaan en begin loop, julle sal nie hier bly nie. Julle het die stad onrein gemaak. Die vyande sal die stad verwoes, heeltemal verwoes.” Hierdie mense wil 'n profeet hê wat lieg en bedrieg. Hulle wil 'n profeet hê wat sê: “Gee vir my wyn en bier, dan sal ek vir julle 'n profeet wees.”
Lees Miga 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: Miga 2:6-11
15 Dae
In pragtige prosa roep Miga die leiers van Israel en Juda op om barmhartigheid lief te hê, regverdig op te tree en nederig met God te wandel. Reis daagliks deur Miga terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
29 Dae
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's