Julle sê die Here sê: “Israeliete, Ek sal al julle mense bymekaarmaak. Ek sal die mense van Israel wat nog lewe, bymekaarmaak soos skape en bokke in 'n kraal, soos 'n klomp skape in die veld. Die land sal weer vol mense wees. Ek sal hulle bring uit die lande waar hulle nou is, Ek sal voor hulle loop, en hulle sal weer by Jerusalem se poorte ingaan en uitgaan. Ek is die Here, hulle Koning, Ek sal voor hulle loop, Ek sal hulle lei.”
Lees Miga 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: Miga 2:12-13
15 Dae
In pragtige prosa roep Miga die leiers van Israel en Juda op om barmhartigheid lief te hê, regverdig op te tree en nederig met God te wandel. Reis daagliks deur Miga terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
29 Dae
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's