Matteus 9:9-13

Matteus 9:9-13 ABA

Jesus het verder geloop. Hy sien toe 'n man by 'n tolhek sit. Die man se naam was Matteus. Jesus het vir hom gesê: “Kom saam met My!” Matteus het opgestaan en hy het saam met Jesus gegaan. Jesus het in Matteus se huis gaan eet. Baie tollenaars en sondaars het ook saam met Jesus en sy dissipels kom eet. Die Fariseërs het dit gesien en hulle vra toe vir Jesus se dissipels: “Hoekom eet julle meneer saam met tollenaars en sondaars?” Jesus het gehoor wat die Fariseërs sê, en Hy het vir hulle gesê: “Gesonde mense gaan nie dokter toe nie, net mense wat siek is, gaan dokter toe. Julle moet leer wat beteken hierdie woorde

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid