Toe Jesus klaar met sy twaalf dissipels gepraat het en vir hulle gesê het wat hulle moet doen, het Hy van daar na die stede in Galilea gegaan om vir die mense te leer en vir hulle te preek. Johannes die Doper was toe in die tronk en hy het gehoor wat Christus alles gedoen het. Johannes het 'n paar van sy dissipels na Jesus toe gestuur om vir Hom te vra: “Is U die Christus wat moes kom? Of moet ons vir 'n ander Een wag?” Jesus het vir hulle gesê: “Gaan terug na Johannes toe en vertel vir hom wat julle gehoor en gesien het. Sê vir hom: Blinde mense kan nou sien, kreupel mense kan nou loop, melaatse mense is gesond, dowe mense kan nou hoor, mense wat gesterf het, lewe weer, en arm mense hoor die goeie boodskap dat Jesus die Christus is. En God sal mense seën wat nie twyfel nie en wat aanhou om in My te glo.” Die boodskappers van Johannes het teruggegaan, en toe het Jesus vir die mense iets van Johannes vertel. Jesus vra toe vir hulle: “Wat het julle gedink sal julle sien toe julle in die woestyn na Johannes toe gegaan het? Het julle gedink julle sal iemand sien wat soos 'n riet in die wind heen en weer waai? Nee! Het julle gedink julle sal 'n man sien wat mooi en duur klere dra? Nee! Die mense wat mooi en duur klere dra, woon in konings se paleise. Maar wat wou julle gaan sien? 'n Profeet? Ja, maar Ek sê vir julle: Julle het meer as 'n profeet gesien. God het in die Ou Testament oor Johannes gepraat toe Hy gesê het: “ Kyk, Ek stuur my boodskapper. Hy sal voor jou gaan en die pad gereedmaak vir jou. “Ek sê vir julle, en dit is seker: Niemand is belangriker as Johannes die Doper nie, nie een van al die mense wat gebore is nie. Maar waar God is, die Koning wat in die hemel is, daar is die mens wat die minste belangrik is, nog belangriker as Johannes die Doper. Johannes die Doper het begin preek in die woestyn. Maar van toe af tot nou toe is mense opstandig teen God, die Koning wat in die hemel is. Hulle wil self konings wees. Die hele Ou Testament, al die boeke van die profete en van Moses, het gesê wat sal gebeur totdat Johannes gekom het. As julle glo wat die profete gesê het, dan sal julle weet Johannes die Doper is Elia wat moes kom. As iemand verstaan wat Ek sê, dan moet hy doen wat Ek sê!”
Lees Matteus 11
Deel
Vergelyk alle weergawes: Matteus 11:1-15
5 Days
God is awakening His Church, and we need to see the big picture. When times get tough, we will be tempted to quit. It is not, however, time to quit. Join us as we learn how to read the times we are in, as well as gain strategies on how to stand and advance the Kingdom of God.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's