Lukas 24:44-53

Lukas 24:44-53 ABA

Daarna het Jesus vir hulle gesê: “Onthou julle wat Ek gesê het voor Ek gesterf het en weer begin lewe het? Ek het toe vir julle gesê dat alles waar moet word wat in die boeke van Moses geskryf is oor My, en ook in die boeke van die profete en in die boek Psalms.” Toe het Jesus vir hulle gesê hoe hulle die Bybel moet verstaan. Hy het vir hulle gesê: “Daar is in die Ou Testament geskryf dat die Christus sal swaarkry en dat Hy op die derde dag weer sal begin lewe. Daar is geskryf dat die mense wat in God glo, vir al die volke moet vertel dat God mense se sondes vergewe as hulle in Christus glo en as hulle verander en lewe soos God wil hê. Julle moet in Jerusalem begin en vir die mense vertel wat julle van My gesien en gehoor het. En onthou, Ek sal vir julle die Heilige Gees stuur wat my Vader belowe het. Maar julle moet in Jerusalem bly totdat God vir julle krag gegee het.” Toe het Jesus gesê die apostels moet saam met Hom gaan. Hy het hulle geneem tot by die stad Betanië. Jesus het sy hande uitgesteek en Hy het hulle geseën. Hy het hulle geseën terwyl Hy weggegaan het van hulle. God het Hom na die hemel geneem. Die apostels het Jesus aanbid en daarna het hulle teruggegaan na Jerusalem. Hulle was baie bly. Hulle het elke dag na die tempel gegaan en hulle het God geprys.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid