Eendag het die kinders van Job partytjie gehou in die huis van hulle oudste broer. Toe kom daar 'n slaaf by Job, en hy sê: “Die slawe en die beeste het geploeg, en die donkies het daar naby gewei, toe kom die Sabeërs skielik en hulle vat al die beeste en die donkies. Hulle het die slawe doodgemaak, net ek het vry weggekom om dit vir jou te kom vertel.” Terwyl die slaaf besig was om te praat, kom daar 'n ander slaaf en hy sê: “Die weerlig het die skape en die bokke doodgeslaan, en ook die slawe wat by hulle was. Net ek het vry weggekom om dit vir jou te kom vertel.” Terwyl daardie slaaf besig was om te praat, kom daar 'n ander slaaf en hy sê: “Drie groepe Galdeërs het skielik gekom en hulle het die kamele gevat en die slawe doodgemaak wat by die kamele was. Net ek het vry weggekom om dit vir jou te kom vertel.” Terwyl daardie slaaf besig was om te praat, kom daar 'n ander slaaf en hy sê: “Jou kinders was besig om partytjie te hou in hulle oudste broer se huis, toe kom daar skielik 'n sterk wind van die woestyn en dit waai die huis om. Die vier mure van die huis het op die kinders geval, en hulle is almal dood. Net ek het vry weggekom om dit vir jou te kom vertel.” Job het opgestaan en hy het sy bo-kleed geskeur en sy hare afgeskeer. Hy het gaan lê met sy gesig teen die grond en hy het gesê: “Ek het niks gehad toe ek gebore is nie en ek sal niks hê wanneer ek sterf nie. Die Here het gegee en die Here het geneem. Ek prys die Naam van die Here!”
Lees Job 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Job 1:13-21
5 Days
Death affects us all but how do we cope when we lose a loved one? This plan provides hope and comfort in the midst of grief.
These are unprecedented times for those of us who are alive on planet earth at this moment. Historically, we can find hope if we turn to the One who made it all and is Lord of all. What does the Bible say about why these things happen, what is God’s response to it, and what is my hope in life and death?
7 Days
Unemployment can challenge us spiritually, physically, mentally and emotionally. This 7-day plan will help you seek God in the midst of the difficulties of unemployment.
Suffering is the one experience which binds all of humankind together. But why does it exist? What purpose does it serve? Like so many of us, Job was a person who didn’t deserve the immense pain that entered his life. It was at his lowest point when God showed up and provided one of the most challenging and powerful answers to the problem of pain the world has ever heard.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's