Baie van Jesus se dissipels het gehoor wat Hy sê oor die brood uit die hemel. Hulle sê toe: “Die dinge wat Jesus sê, is baie moeilik om te verstaan. Ons wil dit nie hoor nie.” Niemand het dit vir Jesus gesê nie, maar Hy het geweet dat sy dissipels kla. Hy het vir hulle gevra: “Hou julle nie van die dinge wat Ek sê nie? Wat sal julle sê wanneer julle sien dat Ek, die Seun van die mens, teruggaan na die hemel waar Ek voorheen was? Dit is die Heilige Gees wat vir julle waarlik weer laat lewe. Julle kan dit nie self doen nie. Wanneer Ek met julle praat, dan kom die Gees na julle toe en Hy laat julle waarlik lewe. Maar party van julle glo nie in My nie.” Jesus het van die begin af geweet wie nie in Hom sal glo nie. Hy het ook van die begin af geweet wie Hom sal verraai. Jesus het ook vir hulle gesê: “Dit is hoekom Ek vir julle gesê het niemand kan self na My toe kom nie. Die Vader bring hom na My toe.” Hieroor het baie van Jesus se dissipels teruggegaan. Hulle wou nie langer saam met Jesus gaan nie. Toe vra Jesus vir die twaalf dissipels: “En julle, wil julle ook weggaan?” Simon Petrus het vir Jesus gesê: “Nee, Here, daar is niemand na wie toe ons kan gaan nie. Die dinge wat U sê, laat mense altyd lewe. Ons glo en weet dat U die Heilige is wat van God kom.”
Lees Johannes 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: Johannes 6:60-69
5 Days
To fully understand the Word, one should know about the Word. Know about the Word and be inspired by this 5-day reading plan.
7 Days
What if faith is less about knowing all the right answers and more about asking hard questions? If you’ve ever wondered why God seems unfair, why He doesn’t always answer our prayers the way we expect, or why a loving God would create hell, this 7-day Bible Plan, accompanying Pastor Craig Groeschel’s Ever Wonder Why? series, is for you.
8 Days
Drawing on James Spencer's book titled Useful to God: Eight Lessons from the Life of D. L. Moody, this Bible Plan examines eight characteristics evident in the Scriptures and in the life of 19th century evangelist Dwight Moody (e.g., surrendered, prayerful, humbled, undistracted, and studious). A free guide including these reflections along with activities and additional devotional content is also available for download from D. L. Moody Center.
8 Dae
Mense hou van Jesus wanneer dit goed gaan, hulle gebede beantwoord word en dit goed gaan. Wanneer daar egter swaar tye kom, nie al hulle vrae beantwoord word nie en daar vervolging is, is Jesus nie so populêr nie. By die wêreld is Hy populêr totdat "volg My en onderwerp jou aan My" in gedrang kom, dan is Hy nie meer populêr nie.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's