Jesus het ook vir die dissipels gesê: “Dit sal nie meer lank wees nie, dan sal julle My nie sien nie. Daarna sal dit ook nie lank wees nie, dan sal julle My weer sien.” Party van Jesus se dissipels het vir mekaar gesê: “Ons verstaan nie wat Jesus sê nie. Hy sê dit sal nie meer lank wees nie, dan sal ons Hom nie sien nie, en daarna sal dit nie lank wees nie, dan sal ons Hom weer sien. Wat beteken dit wanneer Hy sê Hy gaan na die Vader toe? Hy sê ‘nie lank nie.’ Wat beteken dit? Ons verstaan dit nie.” Jesus het geweet wat hulle vir Hom wil vra. Hy het toe vir hulle gevra: “Vra julle vir mekaar wat dit beteken dat dit nie lank sal wees nie, dan sal julle My nie sien nie en dat dit daarna nie lank sal wees nie, dan sal julle My weer sien? Ek sê vir julle, en dit is seker: Julle sal huil en treur, maar die mense van die wêreld sal bly wees. Julle sal eers hartseer wees, maar later sal julle nie meer hartseer wees nie, julle sal bly wees. Wanneer 'n vrou 'n kind kry, dan het sy pyn, want dit is die tyd wanneer haar baba moet kom. Maar wanneer die baba klaar gebore is, dan dink sy nie meer aan die pyn nie, want sy is bly dat sy ma geword het. Julle het ook nou pyn, maar wanneer Ek julle weer sien, dan sal julle bly wees. Dan sal niemand julle weer ongelukkig kan maak nie. “Daardie dag sal julle nie meer vir My iets vra nie. Ek sê vir julle, en dit is seker: Daardie dag kan julle vir die Vader enige iets vra omdat julle aan My behoort, en Hy sal dit vir julle gee. Julle mag enige iets vra omdat julle aan My behoort. Tot nou toe het julle nog niks gevra nie. Julle moet vra, en julle sal kry. Dan sal julle regtig baie bly wees.
Lees Johannes 16
Deel
Vergelyk alle weergawes: Johannes 16:16-24
3 dae
Begin jou Bybeloudiostudiereis met 'n daaglikse gids tot belangrike studiebenodigdhede en kies verse uit God se woord. Leer om jou tyd te maksimeer om die Bybel te lees.
6 days
We are overstressed. Culture tells us to combat our stress by chasing the next happy moment. But the Bible paints a different picture. This six-day plan will show you how you can practically combat your daily stress by making Biblical joy a habit.
10 Days
Let’s slow down this Holy Week and learn from Christ’s final days on earth. Each day we will receive lessons or gifts that He took the time to give. Do you need a fresh reminder of what mattered most to Christ—that you love His people and follow Him? What could He want to teach you this Holy Week?
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's