Jeremia 14:19
Jeremia 14:19 ABA
Here, het U waarlik vir Juda gelos? Haat U vir Sion? Hoekom het U ons so hard geslaan dat ons nie gesond kan word nie? Wanneer ons dink daar sal vrede wees, dan kom daar niks wat goed is nie. Wanneer ons dink ons sal gesond word, dan gebeur daar dinge wat ons nog banger maak.

