Dit is dieselfde met seilskepe: Seilskepe is baie groot, en die sterk winde laat hulle seil op die water. Maar die kaptein gebruik net 'n baie klein roer om die skip te stuur waarnatoe hy wil gaan. Dit is dieselfde met die tong: Die tong is 'n klein deeltjie van die liggaam, maar hy spog dat hy groot dinge kan doen. 'n Klein vuurvlammetjie kan 'n groot bos aan die brand steek! Die tong is soos 'n vuur wat brand. Die tong is een van die dele van die liggaam, maar dit is ook soos 'n hele wêreld vol verkeerde dinge. Dit maak die hele liggaam vuil. Dit steek 'n mens se hele lewe aan die brand, van die begin tot die einde, en die tong se vuur kom reguit van die hel. Want 'n mens kan al die verskillende soorte wilde diere en voëls mak maak, ook diere wat kruip en seediere. Die mense hét hulle al klaar mak gemaak. Maar niemand kan die tong mak maak en oor hom regeer nie. Die tong sê slegte dinge en niemand kan dit stilmaak nie. Die tong is so gevaarlik soos gif wat mense kan doodmaak. Ons prys die Here en Vader met die tong, maar met dieselfde tong vloek ons mense, en God het daardie mense gemaak om te regeer in sy plek. Ons prys die Here en ons vervloek mense met dieselfde mond. My vriende, dit moenie so wees nie. Julle weet dat daar nie uit dieselfde fontein soet water én bitter water kom nie. My vriende, 'n vyeboom kan nie olywe dra nie en 'n wingerdstok kan ook nie vye dra nie, dit is seker. Dit is dieselfde: Daar kan nie soet water kom uit 'n fontein wanneer sy water sout is nie.
Lees Jakobus 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: Jakobus 3:4-12
4 dae
Almal het hoop in die lewe nodig. Maar wat is hoop? En hoe gaan dit 'n verskil maak in my lewe as ek hoop het?
Ons wêreld is gevul met storms. Hierdie storms kan ons oorweldig en ons wegtrek van ons roeping. Wanneer ons die woorde hoor “Alles sal ok wees” is dit nie die woorde wat ons altyd wil hoor nie. Maar as ons net ons gedagtes vir ‘n oomblik kan rig op die Een wat alles ok maak, sal ons besef dat daardie woorde nie te ver van ‘n werklikheid is nie.
5 Days
Encouragement from a mom who launched her 7 children and lived to tell about it. Part 3 in this series of 12.
The slate is clean, it's a new day, and it's time to start fresh. A fresh vision, a fresh fire, fresh manna, and fresh wind! Join David Villa in his newest devotional as he discusses how we can utilize the Word of God to refresh our vision, our fire, our manna, and our wind every day!
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's