Hebreërs 3:8-17

Hebreërs 3:8-17 ABA

dan moet julle nie hardkoppig wees nie, soos toe julle opstandig was teen God op die dag toe julle vir Hom in die woestyn getoets het. Julle voorvaders het daar 40 jaar lank gesien wat Ek gedoen het, maar hulle het My getoets, hulle wou kyk of Ek hulle sal straf. Daarom was Ek kwaad vir daardie geslag en Ek het gesê: “Hulle is mense wat nooit weet wat hulle doen nie, hulle wil nie lewe soos Ek wil hê nie.” Ek was kwaad en Ek het gesê: “So seker soos Ek lewe, hulle sal nie kom in die land waar Ek hulle veilig wou laat woon en laat rus nie.” My vriende, daarom moet julle oppas dat nie een van julle so sleg en opstandig word dat julle ophou om te glo in die God wat lewe nie. Maar julle moet mekaar help om reg te lewe, sodat niemand van julle hardkoppig word omdat die sonde hom verlei nie. Julle moet dit doen elke dag wat julle lewe, elke dag wanneer julle kan sê dit is nog “ vandag.” Want ons is Christus se vriende en ons werk saam met Hom as ons tot aan die einde aanhou om vas te hou aan die dinge wat ons in die begin geglo het. Dit is soos die Ou Testament sê: Vandag, wanneer julle luister na wat God sê, dan moet julle nie so hardkoppig wees soos toe julle opstandig was teen God nie. Wie is daardie mense wat gehoor het wat God gesê het, maar wat opstandig was? Dit is al die mense wat saam met Moses uit die land Egipte getrek het, dit is seker. Vir wie was God 40 jaar lank kwaad? Hy was kwaad vir die mense wat sonde gedoen het, daardie mense se dooie liggame het in die woestyn gelê.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid