Habakuk 3:1-4

Habakuk 3:1-4 ABA

Die gebed van die profeet Habakuk. Die mense moet dit sing soos hulle die lied Sigjonot sing. Here, ek het gehoor die mense praat oor U, en ek eer U oor alles wat U gedoen het. Maar ek vra vir U: Doen dit nou weer, wys nou weer vir ons wat U gedoen het. U is nou kwaad, maar U moet asseblief weer goed wees vir ons. God kom van die land Teman, die heilige God kom van Paran-berg. Sela Alles in die hemel eer Hom, Hy is die Koning. Al die mense op die aarde prys Hom. Dit is lig rondom Hom, so lig soos die son, en uit sy hand kom die weerlig. Dan sien die mense hoe sterk Hy is.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Habakuk 3:1-4

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid