Abram se vrou Sarai het nog nie vir hom 'n kind gekry nie. Sarai het 'n slavin uit Egipte gehad. Haar naam was Hagar. Sarai het vir Abram gesê: “Die Here het my nie kinders laat kry nie. Gaan slaap by my slavin. Miskien kry sy 'n kind, en dan sal dit my kind wees.” Abram het geluister en gedoen wat Sarai gesê het. Abram het toe al tien jaar in Kanaän gewoon. Sy vrou Sarai het haar Egiptiese slavin Hagar geneem en vir haar man Abram gegee sodat Hagar ook sy vrou kon wees.
Lees Genesis 16
Deel
Vergelyk alle weergawes: Genesis 16:1-3
7 Dae
Jy kan rou smart nie soos ’n been spalk of salf daaraan smeer nie. God se genesende sorg is egter tot jou beskikking. Kom saam met Clarissa Moll op ’n reis deur jou hartseer – en ontdek die liefdevolle teenwoordigheid van Christus wat jou nooit verlaat nie. Hoewel hierdie leesplan nie jou diepste smart kan genees nie, sal die inhoud jou versterk en jou gefokus hou terwyl jy deur jou verlies werk.
8 dae
Hierdie leesplan volg die tema van die Eksodus-weg deur fundamentele verhale in die Ou Testament, sleutelvertellings oor Johannes die Doper, Jesus — en ander gedeeltes waar die hele skepping verlossing ervaar. Saam stel hierdie gedeeltes die eksodus nie as een gebeurtenis voor nie, maar as God se primêre manier van redding – ’n uitweg uit die duisternis, deur herskepping en 'n nuwe lewe in.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's