Efesiërs 1:9-12

Efesiërs 1:9-12 ABA

Niemand het voorheen geweet wat God oor Christus besluit het nie, maar nou het God dit vir ons gesê. God het besluit om dit so te doen, Hy wou dit graag doen. Hy het besluit wanneer dit die regte tyd sal wees, wanneer Christus moet kom sodat alles in die hemel en op die aarde saam aan Christus sal behoort en een sal wees. God het lank gelede besluit dat ons aan Hom moet behoort, daarom het Hy vir Christus gestuur. En wanneer God besluit dat iets moet gebeur, dan gebeur dit. God het dit gedoen, want Hy wou hê dat ons Hom, die Koning, moet prys, ons wat eerste begin glo het en seker is dat Christus ons sal red.