Deuteronomium 20:3-4
Deuteronomium 20:3-4 ABA
Hy moet vir die manne sê: ‘Israeliete, julle moet luister! Julle staan nou gereed om oorlog te maak teen julle vyande. Julle moenie moedeloos en bang word nie. Julle moenie skrik en bewe vir hulle nie, want dit is julle God die Here wat saam met julle gaan om julle te help om oorlog te maak teen julle vyande. Hy sal julle laat wen.’




