Daniël 3:23-25

Daniël 3:23-25 ABA

Die drie manne, Sadrag, Mesag en Abed-Nego, het binne-in die vuur geval. Hulle was vasgebind. Maar toe skrik koning Nebukadnesar groot en hy staan op. Hy vra toe vir sy raadgewers: “Het ons drie manne in die vuur gegooi, en was hulle vasgebind?” Hulle het vir die koning gesê: “Ja, Koning, dit is so.” Toe sê die koning: “Ek sien nou vier manne. Hulle is nie vasgebind nie. Hulle loop in die vuur rond en hulle makeer niks. Ek sien die vierde man lyk soos 'n engel.”