Die soldate het begin om Paulus met toue vas te maak. Die offisier het by hulle gestaan, en Paulus het vir hom gesê: “Ek is 'n Romeinse burger. Julle mag my nie met 'n sweep slaan nie, want 'n regter het my nog nie ge-oordeel nie.” Toe die offisier hoor wat Paulus sê, het hy vir die hoof-offisier gaan sê: “Wat gaan jy nou doen? Hierdie man is 'n Romeinse burger.” Die hoof-offisier het vir Paulus kom vra: “Is jy 'n Romeinse burger?” Paulus het geantwoord: “Ja.” Die hoof-offisier het vir Paulus gesê: “Ek moes baie geld betaal om 'n Romeinse burger te word.” Maar Paulus het gesê: “Ek is 'n Romeinse burger vandat ek gebore is.” Die soldate wat Paulus met 'n sweep wou slaan, het dadelik teruggestaan, en die hoof-offisier was ook bang, want die hoof-offisier het besef dat Paulus 'n Romeinse burger is en dat hy vir Paulus laat vasbind het.
Deel
Lees Handelinge 22
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's