Die koning van Aram het oorlog gemaak teen Israel. Hy het saam met sy offisiere planne gemaak en hy het besluit om sy tente op 'n plek op te slaan. Maar die man van God het vir die koning van Israel laat weet: “Pasop dat julle nie by daardie plek verbygaan nie, want die Arameërs gaan daarnatoe.” Die koning van Israel het 'n boodskap gestuur en hy het die mense wat daar was, gewaarsku. Dit het meer as een maal gebeur. Die koning van Aram het bekommerd geword daaroor en hy het sy offisiere geroep en vir hulle gesê: “Julle moet vir my sê wie van ons manne vertel vir die koning van Israel van ons planne.” Een van sy offisiere het gesê: “Nee, Meneer die koning, dit is nie een van ons manne nie, dit is die profeet Elisa wat daar in die land Israel is. Hy weet alles en hy kan vir sy koning ook die dinge sê wat jy in jou slaapkamer praat.” Die koning van Aram het gesê hulle moet uitvind waar Elisa is, sodat hy mense kan stuur om vir Elisa te vang. Die koning hoor toe dat Elisa in die stad Dotan is. Die koning van Aram stuur toe perde en oorlogkarre en baie manne na Dotan. Hulle het in die nag daar gekom en hulle het rondom die stad gaan staan. Die volgende oggend het die bediende van Elisa, die man van God, vroeg opgestaan, en toe hy uitgaan, sien hy al die manne en die perde en die oorlogkarre rondom die stad. Hy het vir Elisa gesê: “Ag, Meneer, wat moet ons doen?” Elisa het vir die bediende gesê: “Jy moenie bekommerd wees nie, daar is meer by ons as by hulle.” Elisa het gebid en gevra: “Here, maak asseblief sy oë oop sodat hy kan sien.” Die Here het die oë van die jongman oopgemaak, en toe sien hy dat die berge rondom Elisa vol perde en oorlogkarre van vuur is. Toe die Arameërs nader kom, het Elisa tot die Here gebid en gevra: “Here, laat hierdie mense asseblief blind word.” Die Here het gedoen wat Elisa gevra het, en die Arameërs het blind geword.
Lees 2 Konings 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Konings 6:8-18
5 Days
We all face difficult circumstances, culture clashes, and personal struggles. Life can be like fighting in a battle. This is a devotional series that will encourage and strengthen you for the spiritual battles you will face in life.
This plan is for any woman who has ever feared, fallen, risked, failed, prayed, hoped, loved, lost, held on or walked away, been discouraged or felt frozen in time. It’s a message of hope for women who long to see their true worth through the eyes of their heavenly Father, so they can become all He has called them to be.
7 dae
Deur ons geloof is ons kinders van God. Daarom maak dit nie saak wat elke dag oor ons pad kom nie – ons kan aan die Onsienlike Een vashou en in sy vrede rus en bemoediging vind. Hierdie 7-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Riekert Botha uit sy dagboek OP VLERKE VAN GELOOF.
13 Days
Elisha is one of the most fascinating people found in God’s word. He was a prophet whose faith and miracles seem almost ridiculous. During this 13-day reading plan you will read through the life of Elisha and learn from his example of what life can look like when you let go and decide to live with ridiculous faith.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's