2 Konings 23:24-25

2 Konings 23:24-25 ABA

Josia het ook die mense laat doodmaak wat gesê het hulle kan praat met die geeste van mense wat gesterf het. Hy het ook die mense laat doodmaak wat gesê het hulle weet wat ander mense nie kan weet nie. Hy het die beeldjies en die afgode in Juda en Jerusalem weggevat, al die lelike goed. Hy het alles gedoen wat geskryf is in die wette in die boek wat Gilkija in die tempel gekry het. Daar was nie nog so 'n koning wat sy lewe so heeltemal verander het nie. Josia het gedoen wat die Here wil hê, soos die Wette van Moses sê. Daar was nie so 'n koning vóór die tyd van Josia of ná sy tyd nie.