1 Timoteus 1:9-10

1 Timoteus 1:9-10 ABA

Ons weet dat God nie die wette gegee het vir mense wat self doen wat die wette sê nie. Vir wie het God die wette gegee? Hy het dit gegee vir mense wat nie wil luister na die wette nie en wat opstandig is teen die wette. Hy het die wette gegee vir mense wat nie dink aan God nie en wat sondaars is, vir mense wat nie vir God aanbid of dien nie en wat wêreldse mense is, vir mense wat hulle ouers vermoor en vir ander moordenaars. God het die wette gegee vir mense wat onsedelik lewe, vir mans wat met mans onsedelike dinge doen, vir mense wat ander mense vang en hulle verkoop om slawe te wees, vir mense wat lieg en in die hof leuens vertel. Die wette is vir mense wat dinge doen wat verkeerd is, hulle doen niks wat 'n mens móét doen nie, hulle doen niks van die goeie dinge wat ons geleer het nie.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 Timoteus 1:9-10

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid