1 Tessalonisense 2:11-12

1 Tessalonisense 2:11-12 ABA

Julle weet goed dat ons vir elkeen van julle lief was soos 'n pa lief is vir sy kinders. Ons het met julle gepraat soos 'n pa met sy kinders praat. Ons het gesê julle moenie moedeloos word nie, julle moet aanhou probeer. Ons het gesoebat dat julle so moet lewe dat God tevrede sal wees met julle. Want dit is Hý wat vir julle gekies het, Hy wil julle Koning wees en oor julle regeer.