1 Petrus 5:1-4

1 Petrus 5:1-4 ABA

Ek is 'n ouderling soos julle en ek is 'n getuie wat gesien het dat Christus baie swaar gekry het. Die tyd is ook nou baie naby wanneer almal sal sien dat Christus die Koning is, en ek sal dit ook sien. Daarom vra ek mooi vir julle wat ouderlinge is, om herders te wees wat sorg vir God se mense wat daar by julle is. Julle moet sorg vir hulle, nie omdat iemand sê julle móét dit doen nie, maar omdat julle dit graag wil doen en omdat God dit wil hê. Julle moet dit doen, nie omdat julle altyd meer dinge wil hê nie, maar omdat julle baie graag wil sorg vir hulle. God het mense vir julle gegee sodat julle vir hulle kan sorg. Julle moenie vir hulle verdruk nie, maar julle moet 'n goeie voorbeeld wees vir hulle. Christus is die Hoof van die herders, en wanneer Hy weer kom, dan sal julle die lourier-krans kry wat pas by 'n koning, dit is 'n kransie wat nie droog word en verlep nie.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid