Elia het gesê: “Ek het baie hard gewerk vir die Here, die God wat oor alles regeer, maar die Israeliete het nie gedoen wat U in u verbond gesê het nie. Hulle het u altare afgebreek en hulle het u profete doodgemaak, ek het alleen oorgebly. En nou wil hulle my ook doodmaak.” Toe sê die Here vir hom: “Gaan terug op dieselfde pad. Jy moet gaan tot in die woestyn van Damaskus, en wanneer jy daar kom, dan moet jy vir Gasael salf om koning te wees van die Arameërs. En jy moet vir Jehu seun van Nimsi salf om koning te wees van Israel. En jy moet vir Elisa seun van Safat van die stad Abel-Megola salf om profeet te wees in jou plek. Gasael sal begin om mense dood te maak, en Jehu sal die mense doodmaak wat vry weggekom het van Gasael. Elisa sal die mense doodmaak wat vry weggekom het van Jehu. Maar Ek sal in die land Israel 7 000 mense laat oorbly wat nie hulle knieë gebuig het voor Baäl nie. Hulle het hom nie aanbid en gesoen nie.” Elia het weggegaan van Horeb-berg en hy het vir Elisa seun van Safat gekry. Elisa was besig om te ploeg. Daar was twaalf ploeë, twee beeste het elke ploeg getrek. Elisa was by die agterste ploeg. Toe Elia daar verbykom, gooi hy sy bo-kleed oor Elisa. Elisa het die beeste gelos en agter Elia gehardloop en vir hom gesê: “Ek wil eers my pa en my ma gaan groet, dan sal ek kom en saam met jou gaan.” Elia het vir hom gesê: “Jy mag gaan, ek sal jou nie keer nie.” Elisa het teruggegaan. Hy het twee beeste geneem en hy het hulle geslag. Hy het die vleis gaargemaak met die hout van die jukke. Hy het die vleis vir sy mense gegee, en toe hulle klaar geëet het, het hy gereedgemaak en saam met Elia gegaan. Elisa het Elia se helper geword.
Lees 1 Konings 19
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Konings 19:14-21
3 Dae
Kom SAAM op reis met die verhaal van Elia en Elisa. Raak met jou eie verhaal STIL by die Here. En staan STERK in jou lewensstryd.
13 Days
Elisha is one of the most fascinating people found in God’s word. He was a prophet whose faith and miracles seem almost ridiculous. During this 13-day reading plan you will read through the life of Elisha and learn from his example of what life can look like when you let go and decide to live with ridiculous faith.
14 Days
Too much stuff. Too many activities. Too much exhaustion. Too much stress. How can we sift through the busyness, the mess, and the stress to uncover the abundant life God offers? Start a journey from a life of stress, stuff, and burnout to one of peace, space, and fulfillment. You'll learn tips for paring down your possessions, simplifying your schedule, and practicing the ancient art of Sabbath.
30 Days
Every journey requires supplies. On the journey of life, some of the best supplies are God’s Word and a bit of encouragement from friends. This Our Daily Journey reading plan features 30 days of writing from trusted authors whose insights speak into your life. Each short devotional contains a story supported by multiple Scripture references as well as a “Next” section to help you think more deeply. Make the most of your devotional time with truth and encouragement from Our Daily Journey.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's