My vriende, ek wil hê julle moet baie goed verstaan wat die Heilige Gees vir ons gegee het. Julle weet dit: Toe julle heidene was, het julle geglo in afgode wat nie kan praat nie. Julle het gedink die afgode kan julle help. Daarom sê ek nou vir julle: As die Gees van God in iemand se hart is, dan sal hy nie sê: “Jesus is vervloek” nie. En wanneer iemand sê: “Jesus is die Here,” dan sê hy dit net omdat die Heilige Gees in sy hart is. Daar is verskillende genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee. En daar is verskillende maniere om die Here te dien in die gemeente, maar dit is dieselfde Here wat sê hoe ons dit moet doen. En daar is verskillende wonderwerke, maar dit is dieselfde God wat mense help om al hierdie dinge te kan doen. Die Gees wys vir elkeen wat hy moet doen, want die Gees weet wat is goed vir die gemeente. Die Gees gee vir die een persoon die genadegawe om altyd te weet wat die regte ding is om te sê. Dieselfde Gees gee vir 'n ander persoon die genadegawe om mooi te kan verduidelik wat God wil hê.
Lees 1 Korintiërs 12
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Korintiërs 12:1-8
24 dae
"Hoe moet 'n Christen lewe?" Is die onderwerp wat in die eerste brief aan die Korintiërs aangespreek word, en gee praktiese sorg en regstelling aan die kwessies wat jong Christene in die gesig staar. Reis daagliks deur 1 Korintiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's