Así que tengan valor, porque yo tengo fe en Dios y sé que todo pasará tal como me lo dijo el ángel.
Lees Hechos 27
Luister na Hechos 27
Deel
Vergelyk alle weergawes: Hechos 27:25
4 dae
Ons wêreld is gevul met storms. Hierdie storms kan ons oorweldig en ons wegtrek van ons roeping. Wanneer ons die woorde hoor “Alles sal ok wees” is dit nie die woorde wat ons altyd wil hoor nie. Maar as ons net ons gedagtes vir ‘n oomblik kan rig op die Een wat alles ok maak, sal ons besef dat daardie woorde nie te ver van ‘n werklikheid is nie.
5 dae
Wanneer God aan jou kant is, hoef jy niks te vrees nie. Selfs wanneer dit voel of jy in ’n diep vallei is, sal God jou na veiligheid dra. Plaas jou hoop en vertrou in Hom, want Hy sal jou nie in die steek laat nie. Hierdie 5-dag-leesplan is geneem uit DIE BYBEL – MET GRASSROOTS-OORDENKINGS en GENADE IN OORVLOED deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.
5 Dae
Die Bybel se bote is nooit net bote nie. Van Jona wat probeer vlug tot dissipels wat nette uitgooi en Paulus wat skipbreuk ly. Telkens word water ’n plek waar God mense roep, vorm en stuur. Hierdie 5-dagleesplan ontdek hoe gewone bote kansels, klaskamers en selfs stormruimtes word waar God se stem duideliker begin klink. Dalk wys dit ook iets van jou eie boot: jou werk, jou gesin, jou bediening of jou onseker waters waar God steeds besig is om te roep.
6 dae
'N VUUR WAT AANHOU BRAND. Dit is die wyse waarop God Homself aan Moses openbaar het. God betrek mense by wat Hy beplan en doen. Hy het uitgereik na Moses wat, soos ek en jy, by 'n vorige geleentheid die stokkie laat val het. Hy bemagtig hulle met sy Heilige Gees, wat 'n gebeds-honger in hulle harte wek en hulle in staat stel om sy plan uit te voer!
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!