Pasop vir Trots: Kies Nederigheid
3 Dae
’n Meerderwaardige houding kan subtiel insluip — deur trots, vergelyking of selftwyfel. In hierdie leesplan word ons deur Paulus, Petrus en Jesus self herinner dat alles wat ons het en is, genade is. Ware geestelike volwassenheid word nie gemeet aan status, prestasie of agtergrond nie, maar aan ’n nederige hart wat bereid is om ander te dien. Hierdie drie dae help jou om jou gesindheid eerlik te ondersoek, trots te herken (ook waar dit vermom is), en doelbewus onder God se kragtige hand te buig sodat Hy jou op sý tyd kan verhoog.