Om jou naaste lief te hê soos jouself
13 Dae
Een van die bekendste gebooie in die Bybel is om jou naaste lief te hê. Jesus noem dit die tweede grootste gebod, tweede ná die liefde vir God. Maar wie is ons naaste, en wat beteken dit werklik om ander lief te hê? In hierdie leesplan ondersoek ons Jesus se lering oor hierdie gebod. Aan die hand van die Skrif en praktiese voorbeelde sal ons ontdek hoe ’n mens hierdie liefde in die praktyk uitleef.