U bestraf trotsaards en vervloektes wat afdwaal van u gebooie. Weer smaad en belediging van my, want ek gehoorsaam u waarskuwings. Al sit en praat heersers saam teen my, sal ek u voorskrifte oordink. U waarskuwings is beslis my vreugde; dit gee my goeie raad. Ek lê in die stof, op pad na die graf; laat my herlewe volgens u woord. My optrede het ek bekendgemaak, en U het geantwoord. Leer my nou u voorskrifte. Leer my verstaan die betekenis van u bevele, sodat ek u wonders kan oordink. Ek huil van droefheid; versterk my soos U in u woord beloof. Bewaar my van leuenagtige weë; leer my in genade u gebooie. Ek het die betroubare pad gekies; ek lewe volgens u bepalings. Ek hou vas aan u voorwaardes, HERE. Moenie dat ek in skande kom nie! Ek sal die pad van u gebooie navolg, want U sal my begrip verbreed. Leer my, HERE, hoe om u voorskrifte uit te voer sodat ek hulle tot die einde toe kan nakom. Gee vir my insig dat ek kan leef volgens u gebooie, en dit van harte gehoorsaam. Laat my wandel volgens u gebooie, want dis waarin ek vreugde vind. Laat my verlang na wat U vereis; verhoed dat ek materialisties word. Weerhou my van waardelose dinge; laat my lewe volgens u voorskrifte. Bevestig opnuut aan my u belofte, wat bedoel is vir hulle wat U dien. Neem weg die smaad wat ek vrees, want u bepalings is goed. Ek verlang van harte na u bevele. Laat my lewe deur u geregtigheid. HERE, laat u troue liefde my oordek, die redding wat U my belowe het. Dan kan ek my spotters antwoord, want ek vertrou op u woord. Laat ek tog altyd die waarheid praat, want ek hoop op u geregtigheid. Ek sal u gebooie gehoorsaam so lank as wat ek lewe. Ek sal in vryheid kan lewe, want ek soek u bevele. Voor konings sal ek praat oor u verordeninge, sonder om skaam te wees. Ek verlustig my in u gebooie wat ek baie liefhet. Met eerbied lig ek my hande op vir u gebooie wat ek liefhet. Ek dink na oor u voorskrifte.
Lees PSALMS 119
Luister na PSALMS 119
Deel
Vergelyk alle weergawes: PSALMS 119:21-48
5 Days
In what ways has the Bible changed your life? When life hits us hard, we find direction and solace in Scripture. But what if the Bible was not in your language? That’s the reality for 1 billion people today. Join this 5-day plan where you can partner your Scripture reading with simple and effective ways to pray for people without the Bible.
7 Days
Everything that has been created on earth by human beings started in the imagination of somebody’s mind. This is a gift from God. In this 7-day study we will learn about the relationship between your imagination and faith. I want to help you unlock your imagination in a way that has never been done before.
The Bible is one of the most influential books of all time, but it can seem overwhelming to know how to understand it and what to do with it. This 7-day Bible study will help break down what the Bible is, why it matters, and how you can understand it today. We’ll also discover how you can put God’s Word in action in His world.
30 Days
Have you ever wondered, “Is it possible to experience joy in all seasons of life?” Carol McLeod believes that God has an enormous joy for you that is within your reach. In this devotional, you will discover how to trust God when life isn’t fair, how to ponder Scripture that transforms your thinking and how to turn disappointment into a heart that rejoices in the middle of uncertainty.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's