PSALMS 103:1-12

PSALMS 103:1-12 NLV

Ek wil die HERE prys. Met alles wat binne-in my is, wil ek sy heilige Naam prys. Ek wil die HERE prys en nie al sy goeie dade vergeet nie. Hy vergewe al jou sondes, en genees al jou siektes. Hy verlos jou lewe van die dood, bekroon jou met liefde en medelye. Hy vul jou lewe met goeie dinge, vernuwe jou jeug soos ’n arend s’n. Die HERE laat regverdigheid geskied, en reg aan almal wat verdruk word. Hy het sy optrede aan Moses openbaar en sy dade aan die volk Israel. Die HERE is barmhartig en genadig, geduldig en vol onfeilbare liefde. Hy sal nie voortdurend aankla, of vir altyd kwaad wees nie. Hy straf ons nie soos ons sondes verdien nie, en vergeld ons nie volgens ons oortredings nie. Want so ver soos die hemele van die aarde af is, so groot is sy onfeilbare liefde teenoor hulle wat Hom dien. So ver as die ooste is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredings van ons.

Versbeeld vir PSALMS 103:1-12

PSALMS 103:1-12 - Ek wil die HERE prys.
Met alles wat binne-in my is,
wil ek sy heilige Naam
prys.
Ek wil die HERE prys
en nie al sy goeie dade
vergeet nie.
Hy vergewe al jou sondes,
en genees al jou siektes.
Hy verlos jou lewe van die dood,
bekroon jou met liefde
en medelye.
Hy vul jou lewe met goeie dinge,
vernuwe jou jeug
soos ’n arend s’n.
Die HERE
laat regverdigheid geskied,
en reg aan almal
wat verdruk word.
Hy het sy optrede
aan Moses openbaar
en sy dade aan die volk Israel.
Die HERE is barmhartig
en genadig,
geduldig en vol onfeilbare liefde.
Hy sal nie
voortdurend aankla,
of vir altyd kwaad wees nie.
Hy straf ons nie
soos ons sondes verdien nie,
en vergeld ons nie
volgens ons oortredings nie.
Want so ver soos die hemele
van die aarde af is,
so groot is sy onfeilbare liefde
teenoor hulle wat Hom dien.
So ver as die ooste is
van die weste,
so ver verwyder Hy
ons oortredings van ons.

Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 103:1-12