My seun, as goddelose mense jou wil ompraat, moenie na hulle luister nie. Hulle sal miskien vir jou sê: “Kom saam met ons! Kom ons gaan lê iemand voor en vermoor hom. Kom ons oorval iemand, al het hy niks aan ons gedoen nie. Ons wil hulle lewendig laat verdwyn, net soos in ’n graf, soos gesonde mense wat in die dood wegsink. Ons wil baie waardevolle dinge bekom, ons huise vol maak met alles wat ons buit. Word een van ons! Dan deel ons in die buit.” My seun, met hulle moet jy nie saamgaan nie. Bly ver van die pad waarop hulle loop. Hulle loop agter kwaad aan. Hulle kan skaars wag om iemand te vermoor.
Deel
Lees SPREUKE 1
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's