“Nie almal wat vir My ‘Here, Here’ sê, sal in God se koninkryk ingaan nie. Wat die deurslag sal gee, is of hulle aan my hemelse Vader gehoorsaam was. Baie sal vir My op die oordeelsdag sê: ‘Here, Here, ons het dan in u Naam gepreek en in u Naam bose geeste uitgedryf en in u Naam baie wonders verrig!’ Dan sal Ek hulle antwoord: ‘Julle was nog nooit werklik mý mense nie. Gaan weg van My af! Julle het nie gedoen wat voor God reg is nie.’” “Elkeen wat na my woorde luister en daarvolgens handel, is soos ’n verstandige persoon wie se huis op rots gebou is. Al val daar ’n stortbui, en al kom die vloedwater af, en al woed daar stormwinde teen die huis, sal dit nie inmekaarstort nie, want sy fondament is stewig op die rots vas. Maar elkeen wat na my woorde luister en dit nie doen nie, sal wees soos ’n dwaas wie se huis op die sand gebou is. Wanneer daar ’n stortbui val, en die vloedwater afkom, en die stormwinde waai, sal daardie huis heeltemal inmekaarstort.” Toe Jesus sy rede voltooi het, was die skare diep onder die indruk van sy onderrig.
Lees MATTEUS 7
Luister na MATTEUS 7
Deel
Vergelyk alle weergawes: MATTEUS 7:21-28
5 Days
Who are you becoming? If you envision yourself at age 70, 80, or 100, what kind of person do you see on the horizon? Does the projection in your mind fill you with hope? Or dread? In this devotional, John Mark Comer shows us how we can be spiritually formed to become more like Jesus day by day.
6 dae
Die heerskappy van Jesus Christus is een van die mees verwaarloosde geestelike beginsels in die lewens van Christene. Ons leef ons Christelike lewens en dikwels word God vir ons iemand wat in al ons behoeftes moet voorsien, maar Hy is nie die Here nie.
7 Days
We’re all chasing something. Usually something just out of reach—a better job, a more comfortable home, a perfect family, the approval of others. But isn’t this tiring? Is there a better way? Find out in this new Life.Church Bible Plan, accompanying Pastor Craig Groeschel’s message series, Chasing Carrots.
7 Dae
Wat is geloof? Annes Nel wil jou in hierdie 7-dagleesplan herinner dat geloof is om in God te glo wanneer niks sin maak nie. Dit is ’n manier van lewe. Dit is wanneer ons gedagtes, woorde en dade deurspek is met die liefde vir die Here en vir ons medemens. Dit is wanneer ons élke dag in diens van die Here LEEF — sáám met Hom.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's