MATTEUS 12:17-21
MATTEUS 12:17-21 NLV
So het die uitspraak van die profeet in vervulling gegaan: “Hier is my Dienskneg wat Ek uitgekies het. Hom het Ek lief. Hy maak my hart baie bly. Ek sal my Gees op Hom laat rus en Hy sal my besluit aan die nasies bekendmaak. Hy sal nie met mense stry of ’n groot lawaai maak nie. Hy sal nie sy stem in die openbaar verhef nie. Hy sal dié wat reeds geknak is, nie nog verder verbrysel nie en die vonkie hoop wat nog oorgebly het, sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy my besluit laat seëvier. Ja, op Hom sal die nasies hulle hoop vestig.”



