Daar was ’n man uit die geledere van die Fariseërs met die naam Nikodemus, ’n leier onder die Jode. Hy het een nag na Jesus toe gekom en vir Hom gesê: “Rabbi, ons weet dat u as leraar van God af gekom het. Niemand kan hierdie wondertekens doen wat u doen as God nie met hom is nie.” Jesus het daarop reageer: “Ek verseker jou, as iemand nie van bo gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” Nikodemus vra toe: “Hoe kan ’n mens gebore word as hy al ’n bejaarde is? Hy kan tog nie vir ’n tweede keer in sy ma se skoot gaan en gebore word nie?” Jesus het geantwoord: “Ek verseker jou, as iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy so nimmer as te nooit in die koninkryk van God ingaan nie. Wat uit ’n menslike liggaam gebore is, is menslik, en wat uit die Gees gebore is, is gees. Moenie verwonderd wees dat Ek vir jou gesê het julle moet van bo gebore word nie. Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy suising, maar jy weet nie waarvandaan hy kom en waarheen hy op pad is nie. Só is dit met elkeen wat uit die Gees gebore is.” Nikodemus reageer toe en vra Hom: “Hoe is dit moontlik dat hierdie dinge gebeur?” Jesus antwoord hom: “Jy is die leermeester van Israel en jy is nie vertroud met hierdie dinge nie? Ek verseker jou, ons praat waaroor ons kennis het, en ons getuig oor wat ons gesien het, en ten spyte daarvan aanvaar julle tog nie ons getuienis nie. As Ek julle oor die alledaagse dinge ingelig het, en julle My nie glo nie, hoe sal julle ooit glo as Ek julle van die hemelse dinge vertel? Niemand het nog na die hemel toe opgevaar nie behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, en dit is Ek, die Seun van die Mens. Net soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, só moet die Seun van die Mens verhoog word sodat elkeen wat in Hom glo die ewige lewe kan hê.
Lees JOHANNES 3
Luister na JOHANNES 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOHANNES 3:1-15
5 Dae
Soos jy daagliks God se Woord lees, dit oordink en in jou lewe toepas, sal jy beter toegerus wees om die vyand se kunsmatige ligte te onderskei, op God se verligte pad te bly en helder te skyn vir Christus in jou huis en in jou gemeenskap.
6 Days
C.S. Lewis said, “Aim at Heaven and you will get earth ‘thrown in.’ Aim at earth and you get neither.” In other words, what you do today because of what you believe about what happens after you die could change everything, forever. Start this Life.Church Bible Plan today to accompany Pastor Craig Groeschel’s new series, One Minute After You Die.
7 Days
How can we live more Christ-centred lives? This 7-day plan, based on Rooted in Love, a Lent book from all the area bishops in the Diocese of London, is full of practical encouragement and hope designed to help you to grow as a disciple and find ways to put God at the centre of your life every day.
7 dae
Vanaf die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag tot Jesus se wederkoms leef ons in die bedeling van die Heilige Gees waar God elke oomblik in en deur ons wil lewe. Het jy ‘n lewende verhouding met die Heilige Gees, ervaar jy sy werking, leiding, gawes en vrug? Hierdie leesplan wil jou help om die wonderlike, kragtige beheer van die Heilige Gees meer in jou lewe te ervaar.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's