En ’n klein roertjie maak dat ’n groot skip draai net waarheen die stuurman wil, selfs wanneer sterk winde waai. So is die tong ook iets kleins, en tog kry dit groot dinge reg. ’n Klein vuurtjie kan ’n groot bos aan die brand steek. Die tong is ook ’n vuur. Dit is vol dinge wat jou verhouding met God kan bederf. Dit kan jou hele lewe in vlamme laat opgaan, want die duiwel steek dit aan. Die mens kan elke soort dier, voël, reptiel en seedier mak maak, maar geen mens kan die tong tem nie. Dit is ’n onbeheerbare kwaad, vol dodelike gif. Partykeer loof daardie tong ons Here en Vader, en ander kere vloek dieselfde tong mense wat na die beeld van God gemaak is. Dit beteken dat lof en vloek uit dieselfde mond kom. Dit kan tog nie so wees nie, my broers en susters! Kan ’n fontein uit dieselfde oog soet en bitter water laat opborrel? Kan jy olywe van ’n vyeboom afpluk, of vye van ’n druiwestok? Net so min as wat ’n brak bron vars water kan voortbring!
Lees JAKOBUS 3
Luister na JAKOBUS 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: JAKOBUS 3:4-12
4 dae
Almal het hoop in die lewe nodig. Maar wat is hoop? En hoe gaan dit 'n verskil maak in my lewe as ek hoop het?
Ons wêreld is gevul met storms. Hierdie storms kan ons oorweldig en ons wegtrek van ons roeping. Wanneer ons die woorde hoor “Alles sal ok wees” is dit nie die woorde wat ons altyd wil hoor nie. Maar as ons net ons gedagtes vir ‘n oomblik kan rig op die Een wat alles ok maak, sal ons besef dat daardie woorde nie te ver van ‘n werklikheid is nie.
5 Days
Encouragement from a mom who launched her 7 children and lived to tell about it. Part 3 in this series of 12.
The slate is clean, it's a new day, and it's time to start fresh. A fresh vision, a fresh fire, fresh manna, and fresh wind! Join David Villa in his newest devotional as he discusses how we can utilize the Word of God to refresh our vision, our fire, our manna, and our wind every day!
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's