JESAJA 1:11-16

JESAJA 1:11-16 NLV

“Ek is siek van julle baie offers,” sê die HERE. “Moenie nog meer brandoffers vir My bring nie! Die vet van julle ramme of ander diere wil Ek nie hê nie. Ek kry geen genot in die bloed van julle bulle én ramme én bokke nie. Wie het julle beveel om voor My te verskyn, om my voorhowe te vertrap? Hou op om huigelagtige offers te bring. Julle wierook is vir My afstootlik. Julle feesvierings op Nuwemaanfees en Sabbatte, julle spesiale vasdae, ook julle vroomste byeenkomste kan Ek nie verdra nie, want dis vol boosheid! “Ek haat julle Nuwemaanfeeste en ander feeste. Dit het ’n las vir My geword en Ek kan dit nie meer verdra nie! Ek sal nie meer kyk wanneer julle julle hande in gebed na My toe uitsteek nie. Selfs al bid julle hoe baie, sal Ek nie luister nie. Want julle hande is vol van die bloed van onskuldige slagoffers. Was julleself en word skoon! Moenie dat Ek verder sien hoe boos julle optree nie. Sien af van julle weë.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid