Die profeet Haggai het die boodskap van die HERE aan die mense oorgedra. Serubbabel, Jesua en al die mense wat in die land agtergebly het, het die boodskap van die HERE hulle God gehoorsaam. Hulle het toe in alle erns die HERE begin aanbid. Die HERE se boodskapper Haggai het toe hierdie boodskap van die HERE vir die mense gebring: “Ek is by julle, sê die HERE!” Hierdeur het die HERE die goewerneur Serubbabel en die hoëpriester Jesua, asook al die HERE se mense wat in die land agtergebly het, baie entoesiasties gemaak. Hulle het na die huis van die HERE, die Almagtige, hulle God gekom en daaraan begin werk.
Lees HAGGAI 1
Luister na HAGGAI 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: HAGGAI 1:12-14
5 dae
Haggai se “kry dit gedoen”-houding dring ’n afgelei Israel aan om die tempel te laat herbou nadat hulle uit ballingskap teruggekeer het. Reis daagliks deur Haggai terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
29 Dae
God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's