ESEGIËL 34:2-10

ESEGIËL 34:2-10 NLV

“Mensekind, profeteer teen die herders, die leiers van Israel. Sê vir hulle die oppermagtige HERE sê: Verwoesting wag vir herders wat vir hulleself sorg! Moet herders nie hulle skape versorg nie? Julle drink die melk, gebruik die wol vir klere en slag die beste skape, maar sorg nie vir die skape nie. Julle sorg nie vir die swakkes, dokter nie die siekes en verbind nie die wonde van die beseerdes nie. Julle bring nie dié terug wat weggedwaal het en soek nie dié wat weggeraak het nie. Julle het hard en wreed oor hulle regeer. My skape het verstrooid geraak sonder ’n herder. Hulle is maklike prooi vir enige wilde dier. Hulle het op berge en oor heuwels rondgedwaal, oor die hele aarde, en tog het niemand hulle gaan soek nie. “Daarom, herders, hoor die woord van die HERE: So seker as Ek leef, sê die oppermagtige HERE, julle het die kudde verlaat en gelos sodat elke wilde dier hulle kon aanval. Julle was my herders, maar julle het nie my skape wat weggeraak het, gaan soek nie. Julle het vir julleself gesorg en nie vir die skape nie. Daarom, herders, hoor die woord van die HERE. So sê die oppermagtige HERE: Ek beskou hierdie herders nou as my vyande, en Ek hou hulle verantwoordelik vir wat met my kudde gebeur. Ek neem hulle reg weg om die kudde te versorg, en ook hulle reg om vir hulleself te sorg. Ek red my skape uit hulle mond. Die skape sal nie langer hulle slagoffer wees nie.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid