ESEGIËL 1:4-9

ESEGIËL 1:4-9 NLV

Terwyl ek gekyk het, sien ek ’n groot storm na my toe aankom uit die noorde. Voor die storm was daar ’n reuse wolk waarin die weerlig slaan en ’n helder lig brand. Die vuur binne-in die wolk het soos gloeiende metaal geblink. Uit die middel van die wolk het vier lewende wesens gekom wat soos mense gelyk het, behalwe dat elkeen van hulle vier gesigte en twee paar vlerke gehad het. Hulle bene was reguit soos ’n mens s’n, maar hulle voete het gelyk soos ’n kalf s’n, en dit het geblink soos brons wat opgevryf is. Onder elkeen van die vier vlerke kon ek hande sien soos dié van mense. Die vlerke van elke lewende wese het geraak aan die vlerke van die twee wat langs hom staan. Die wesens kon in enige rigting vlieg sonder om om te draai.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid