God het al die volgende voorskrifte gegee: “Ek is die HERE jou God. Dit is Ek wat jou bevry het uit Egipte waar jy ’n slaaf was. “Jy mag nie nog ander gode buiten My aanbid nie. “Jy mag nie vir jouself afgode maak wat soos voëls of diere of visse lyk nie. Jy mag nie voor hulle kniel om hulle te aanbid nie. Ek, die HERE jou God, is jou enigste God. Ek laat die oortredings van dié wat My haat nie ongestraf verbygaan nie. Ek straf die derde en die vierde geslag daarna vir die sondes wat hulle ouers gedoen het. My liefde bly egter duisend geslagte lank staan vir almal wat My liefhet en aan My gehoorsaam is. “Moenie die Naam van die HERE jou God sonder rede gebruik nie. Die HERE sal die een wat sy Naam sonder die nodige respek gebruik, nie net so sonder straf laat wegkom nie. “Onthou om die Sabbatdag vir God te vier. Ses dae lank kan jy met jou daaglikse werk aangaan. Die sewende dag is die HERE jou God se rusdag. Niemand in jou huis mag op daardie dag aangaan met gewone werk nie. Dit sluit in: jy, jou seuns en dogters, jou manlike en vroulike slawe, die vee wat aan jou behoort en alle buitelanders wat by jou oorbly. Die HERE het in ses dae die hemel, die aarde, die see en alles wat daarin is, gemaak. Op die sewende dag het Hy tot rus gekom. Om daardie rede het die HERE die sewende dag geseën en vir Homself eenkant gesit as sy heilige dag. “Behandel jou ouers met respek. Jy sal dan lank en gelukkig lewe in die land wat die HERE vir jou gee om in te bly. “Moenie mense doodmaak nie. “Moenie egbreuk pleeg nie. “Moenie iets steel nie. “Moenie valse verklarings oor ander aflê nie. “Jy moenie afgunstig raak op ’n ander se eiendom nie. Jy moenie sy vrou, sy manlike of vroulike werkers, sy beeste of sy donkies of enigiets wat hy besit vir jouself begeer nie.”
Lees EKSODUS 20
Deel
Vergelyk alle weergawes: EKSODUS 20:1-17
5 Dae
As ek die woord “geregtigheid” verstaan, besef ek dat ek nie deur myself geregverdig kan word nie, maar dat ek alleenlik deur Jesus Christus geregverdig kan word. In hierdie 5-dag-leesplan kyk ons na wat die woord geregtigheid beteken, hoe jy die verkry en hoekom dit nodig is.
7 dae
As jy skepties is oor Ou-Testamentiese stories wat soos feëverhale klink, of vasgeval het in die reëls wat saam met godsdienstigheid kom, is hier goeie nuus: om Jesus te volg vereis geloof, maar nie die geloof in `n boek, `n stel reëls, of selfs `n spesifieke godsdienstige sisteem nie. Hierdie plan bied `n beginpunt vir geloof wat uiteindelik iets – of meer spesifiek Iemand – is waarin jy kan glo.
29 dae
God het sedert die skepping verbonde met sy volk gesluit om sy karakter en planne vir die wêreld duidelik te maak. In Christus is al God se verbonde vervul. Deur Hom het ons vrede, hoop, sekuriteit, 'n toekoms, heiligheid en geregtigheid. Hierdie Bybelstudie sal die maniere hoe Christus deur die geskiedenis heen God se verbonde aan sy volk vervul het, uitlig en eindig met 'n gefokusde studie van die Kersverhaal
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's