AMOS 8:4-6
AMOS 8:4-6 NLV
Julle wat die armes besteel en die behoeftiges vertrap, luister hierna! Julle kan nie wag dat die Nuwemaanfees of die Sabbat verby is sodat julle graan kan verkoop nie. Julle meet graan met ’n vals maatbak en bedrieg deur skaalgewigte swaarder te maak. Die koring wat julle verkoop, meng julle met kaf! Julle koop armes vir geld en behoeftiges vir ’n paar sandale.


