Nadat God hom verwyder het, het Hy Dawid vir hulle as koning voorsien. Van hom het God getuig: ‘Ek het Dawid, seun van Isai, gekry; hy is ’n man na my hart. Hy sal alles doen wat Ek wil hê.’ “Uit hierdie man se nageslag het God die beloofde Verlosser vir Israel, Jesus, laat voortkom! Voor sy koms het Johannes die bekeringsdoop aan die hele volk Israel verkondig. En toe Johannes aan die einde van sy bediening gekom het, het hy gesê: ‘Dink julle miskien ek is die Messias? Nee, ek is nie! Die Messias kom ná my. Ek is selfs nie werd om sy sandale los te maak nie.’ “Geagte volksgenote, seuns uit die geslag van Abraham, en julle ander wat vir God ontsag het, aan óns het God die boodskap van hierdie verlossing gestuur!
Deel
Lees HANDELINGE 13
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's