Die Groter Prentjie - Nuwe Skepping
4 Dae
In hierdie 4-dag leesplan verken ons die uiteinde van God se groot verhaal: die Nuwe Skepping. Die Bybel is nie ’n versameling los stories nie, maar 'n verhaal wat in sy geheel gelees moet word. Die laaste beweging is nie die vernietiging van die wêreld nie, maar die glorieryke herstel daarvan. Ons kyk na hoe Jesus alles nuut maak, die kontinuïteit tussen die eerste skepping en die laaste, en wat ons rol as verloste mense in hierdie nuwe werklikheid is. - PC Pretorius