YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

Gewilde Bybelverse vanaf EKSODUS 10

1

EKSODUS 10:1-2

Afrikaans 1983

AFR83

Daarna het die Here vir Moses gesê: “Gaan na die farao toe, want Ek het hom en sy amptenare onversetlik gemaak sodat Ek hierdie wonders van My onder hulle kan doen. Dan kan jy aan jou kinders en kleinkinders vertel wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het en watter wonders Ek onder hulle verrig het om julle te laat besef dat Ek die Here is.”

Vergelyk

Verken EKSODUS 10:1-2

2

EKSODUS 10:21-23

Afrikaans 1983

AFR83

Daarna het die Here vir Moses gesê: “Steek jou hand in die lug op, dan sal dit donker word in Egipte, so donker dat 'n mens dit kan voel.” Moses het toe sy hand in die lug opgesteek, en drie dae lank was dit pikdonker oor die hele Egipte. Die mense kon mekaar nie sien nie en drie dae lank kon niemand iets uitrig nie, maar in al die woongebiede van die Israeliete was daar lig.

Vergelyk

Verken EKSODUS 10:21-23

3

EKSODUS 10:13-14

Afrikaans 1983

AFR83

Toe steek Moses sy kierie oor Egipte uit, en die Here het daardie hele dag en nag 'n oostewind laat waai wat die sprinkane aangebring het. Die volgende môre was hulle daar. Hulle het oor Egipte gekom en die hele land vol gesit, 'n yslike groot sprinkaanswerm, soos daar nog nooit tevore was nie en hierna ook nie weer sal wees nie.

Vergelyk

Verken EKSODUS 10:13-14

Gratis leesplanne en oordenkings oor EKSODUS 10

Vorige hoofstuk
Volgende hoofstuk
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
Afrikaans (South Africa)

©2026 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest