YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

Gewilde Bybelverse vanaf Psalms 10

1

Psalms 10:17-18

Die Boodskap

DB

Here, U hoor alles wat hulpelose mense vir U vra. U gee vir hulle nuwe krag. U hoor as hulle met U praat. U sorg dat mense wat geen regte het nie en onderdruk word, goed behandel word. Daarom hoef niemand bang te wees vir magsbehepte mense nie. God self sal met al die skuldiges afreken.

Vergelyk

Verken Psalms 10:17-18

2

Psalms 10:14

Die Boodskap

DB

Maar U sien mos wat hulle doen. U sien hoe mense te na gekom word. Almal wat deur hulle te kort gedoen word, kom vertel dit vir U. Daardie arme mense wat so swaarkry, gee hulle hartseer in u hande oor. U help mense wie se regte vertrap word. U help mense wat nie ’n pa het nie.

Vergelyk

Verken Psalms 10:14

3

Psalms 10:1

Die Boodskap

DB

Here, waarom maak U asof U my nie ken nie? Hoekom bly U eenkant staan? Dit voel of U baie ver van my af is. In krisisse is U weg as ’n mens U regtig nodig het!

Vergelyk

Verken Psalms 10:1

4

Psalms 10:12

Die Boodskap

DB

Gryp in, Here! God, wys dat U die sterkste is. Moenie mense wat sleg behandel word, vergeet nie!

Vergelyk

Verken Psalms 10:12

Gratis leesplanne en oordenkings oor Psalms 10

Vorige hoofstuk
Volgende hoofstuk
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's